Update
GEORGE NUUS - 'n Kas met seksspeelgoed, smeermiddels en seksuele stimulante is van die bewysstukke wat tydens 'n ondersoek in 'n bekende plaaseienaar (67) se huis gevind is.
Daar is ook op 'n boks met vroue onderklere en verskeie selfone beslag gelê.
Dit het aan die lig gekom tydens die plaaseienaar se borgtogaansoek op verlede Donderdag 17 Augustus.
Die plaaseienaar is een van twee mans van die Blanco-area wat op afsonderlike aanklagtes van verkragting, mensehandel en poging tot seksuele aanranding van 'n minderjarige meisie verdink word.
Hy en ‘n 37-jarige man is in Junie in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie (15) van Blanco 'n klag by die polisie ingedien het.
Volgens die beëdigde verklaring van 'n karaktergetuie, Margaret is dit onverstaanbaar dat die plaaseienaar híérvan beskuldig kan word.
Volgens Margaret is hy ‘n goeie mens. Hy het haar en haar dogters glo deur die jare finansieel bygestaan en niks daarvoor verwag nie, lui haar verklaring wat verlede Donderdag deur die plaaseienaar se regsverteenwoordiger, Daan Dercksen, voorgelees is.
Luidens haar verklaring het die plaaseienaar vir haar drie dogters se 21ste-verjaarsdagpartytjies, asook een se matriekafskeid, betaal. Hy het ook haar 22-jarige dogter met 'n woonstel gehelp. Op twee afsonderlike gevalle het die plaaseienaar ook glo groot bedrae geld in die dogter se rekening betaal.
Sy sê hy is 'n gulhartige mens wat altyd uit sy pad gegaan het om almal te help. Volgens haar verklaring is Blanco se strate nou doodstil en die gemeenskap ly sedert hy in hegtenis geneem is.
Aanklagte
Die hof het gehoor Margaret se dogter het glo die meisie en die 37-jarige verdagte op 22 Junie omstreeks 19:00 saam by 'n plaaslike winkel gesien. Die meisie het na bewering met die 67-jarige verdagte op 'n selfoon te praat.
In die ondersoekbeampte se verklaring wat deur die staatsaanklaer, Reinet de Waal voorgelees is, het die hof ook gehoor die 37-jarige beskuldigde die ontmoeting tussen die tienermeisie en die plaaseienaar gereël het. Hy sou die meisie finansieel bystaan. Tydens hiérdie ontmoeting, op 22 Junie, het hy na bewering gepoog om haar borste te betas waarna sy weggehardloop het.
Die 37-jarige beskuldigde het haar die volgende dag omgepraat om kaalfoto's van haarself na hom te stuur sodat hy dit vir die plaaseienaar kon stuur. Hy het glo ook vir haar gesê sy kan tot R50 000 verdien indien sy met die plaaseienaar slaap.
Die staat voer aan dat die 37-jarige beskuldigde die 15-jarige slagoffer op 25 Junie gelok het. Hy het na bewering ook 'n pornografiese video van die meisie gemaak waarna hy haar verkrag het. Sy het die voorval die volgende dag by die polisie aangemeld.
Die 37-jarige beskuldigde het die slagoffer op die dag van die beweerde verkragting glo afgepers en vir haar gesê hy sal die foto's openbaar indien sy nie saam met hom gaan nie.
Margaret beweer dat sy die twee dié betrokke middag saam gesien het. Die meisie het glo vrywillig saam met die 37-jarige beskuldigde gestap. "Ek kan nie verstaan dat hulle sê hy het haar verkrag nie," lui die verklaring.
Volgens haar het die 37-jarige beskuldigde kinders gebruik om geld uit die plaaseienaar te kry en sy het nog nooit van enige seksuele misbruik deur die plaaseienaar gehoor nie.
Volgens die staat moet albei verdagtes borgtog geweier word. Die 37-jarige beskuldigde, met 'n rits vorige veroordelings, is 'n gevaar vir die samelewing en die ander plaaseienaar kan moontlik getuies omkoop om nie te praat nie. Die saak is uitgestel tot 28 Augustus vir slotbetoë.
Lees 'n vorige artikel: Plaaseienaar steeds in aanhouding
Engelse opsomming
The bail application of the two suspects from Blanco who were respectively arrested for rape, human trafficking and attempted sexual assault was postponed until 28 August for closing arguments. A box of sex toys, lubricants and sexual stimulants were among the evidence police found in the well known farm owner's home when he was arrested. A box of women's underwear and several cellphones were also seized. This came to light during the 67-year-old farm owner's bail application Thursday 17 August.
The farm owner and a 37-year-old man were arrested in June after a teenage girl (15) from Blanco filed a complaint with the police.
According to the affidavit of a character witness, Margaret, it is inconceivable that the farm owner can be accused of these crimes. According to her, he is a good person. In Margaret's affidavit, which was read out in court, she says the farm owner has helped her and her daughters financially on numerous occasions and never expected anything in return.
The state is opposing bail stating that the 37-year-old suspect, who has a series of previous convictions, is a danger to society. The state argues that the farm owner should also be refused bail, because he has enough money to pay the witnesses for their silence.
Lees vorige artikels:
• Opvolg: Seksdade met meisie
• 2 Vas na seksdade met tienermeisie
ARTIKEL & FOTO: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'