Denneoord-pa skuldig aan verkragting

Generic image.

GEORGE NUUSFLITS - Die pa van Denneoord (51) wat verskeie van sy dogter se vriendinne verkrag het wanneer hulle by haar oorgeslaap het, is vandag in die Thembalethu streekhof skuldig bevind. Die man het op 67 klagtes skuldig gepleit voor streeklanddros Eugenia Jacobs.
 
Die klagtes hou verband met die vervaardiging en besit van kinderpornografie en verkragting.
 
In die ooreenkoms tussen die staat en die verdediging is die beskuldigde gevra om op 67 van die 3 033 klagtes skuldig te pleit.
 
Die saak is tot 29 Februarie uitgestel vir vonnisoplegging. 
 
Brandan Smith het vir die staat verskyn en advokaat JP Marais van Pretoria vir die beskuldigde.
 
 
Klik hier vir vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald