Gallery
GEORGE RUGBYNUUS - Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en die SWD het op Werkersdag, 1 Mei, 'n rugbyfees vir dogters uit die Eden-distrik in die Rosemoor-stadion aangebied. Dié fees het terselfdertyd gedien as proewe vir die kies van die o.16- en o.18-dogterspanne om die SWD van 17 tot 21 Junie in Johannesburg by die nasionale jeugweek te verteenwoordig.
Dié week is soortgelyk as die bekende Craven-rugbyweek. Saru bied ook van 9 tot 11 Augustus in Port Elizabeth nog 'n soortgelyke toernooi vir dogters aan. Johan Faassen het die aksie vir die George Herald gaan afneem.
Samantha Isaacks (met bal) van Hoërskool George stamp haar verdediger af.
Portia Khumalo (Hoërskool George) storm vorentoe met die bal in die hand.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'