Gallery
GEORGE RUGBYNUUS - Die 18-jarige Darren Fortuin was die Kwaggas se beste speler in hul oorwinning van 50-7 oor Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn.
Fortuin, wat tans een van die voorste puntemakers in skolerugby is, het 28 punte met vier drieë en vier doelskoppe aangeteken.
Die wenspan se skakelpaar, Abre Minnie (skrumskakel) en Zinedine Robinson (losskakel), se samespel was ook uitstekend. Hul het die regte besluite geneem en 'n groot bydrae gelewer in die agt pragdrieë wat hul span gedruk het.
André Pretorius (slot), Braam van Huyssteen (flank), Ridge Gaffley (linkervleuel) en Aylan Schabort (binnesenter en kaptein) het ook uitmuntende spel gelewer vir die wenspan.
Vir Langenhoven Gimnasium, wat soms goeie rugby gespeel het, het hul stewige vaskopstut, GW Lund, 'n kapteinsbeurt gespeel. Lund, wat ingesluit is in die SWD o.18 Cravenweekspan, is in die 23ste minuut van die eerste helfte oor vir sy span se enigste drie.
Outeniqua se ander drieë is deur Jonathan Joseph (loskopstut), Matthew Thorne (heelagter), Ridge Gaffley (linkervleuel) en Pieter Ferreira (slot) gedruk. Thorne slaag ook met 'n doelskop.
Ander uitslae:
Rugby o.14A: OHS wen 19-5. o.15A: OHS wen 52-3. o.16A: OHS wen 52-5. o.19B: OHS wen 29-6. o.19C: OHS wen 17-7.
Hokkie (seuns):
Outeniqua se seuns o.19A-span het Langenhoven Gimnasium met 3-1 geklop. Chairo Africa (kaptein), Ruach Roux en Marc Fouche het die Kwaggas se doele aangeteken.
Morné Pienaar was Gimnasium se doelskieter.
o.16B: OHS wen 6-1. Erik Nel (2), Ruben Marais (2) en Christiaan Theron (2) was die doelskieters. Nicol Gordan was Gim se doelskieter.
o.16A: OHS wen 10-0. Jean van Niekerk, Jaco Hein Louw (4), Jaydan Crous (3) en Sven Africa (2) was die doelskieters.
o.14: A: OHS wen OHS o.14B 5-0. Chris Fourie (2) Uys Fourie (2) en Ethan Fourie was die doelskieters.
Hokkie (dogters):
Langenhoven Gim se dogters o.19A-span het die bordjies verhang deur die Kwaggas met 1-0 te klop. Carmen Hutchings was die doelskieter.
Ander uitslae:
o.19B: OHS wen 9-0. Luné van der Westhuyzen (5), Chanelle Booyens, Jani Senekal (2) en Anel Bedeker was die doelskieters.
o.14A: OHS wen 4-2. Zia Claassen (3) en Mila Barnard was die doelskieters.
o.16A: OHS wen 2-1. Christelle Saunders en Chené Adam was die doelskieters.
o.19C: OHS verloor 0-1.
Braam van Huyssteen, stewige flank van die Kwaggas se o.19A-span, bars deur 'n gaping met die bal in die kragmeting teen Langenhoven Gimnasium. Die Kwaggas het die Gimmies met 50-7 afgeransel. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'