Dit is nog nie 'n uitgemaakte saak dat die onoorwonne span van die Bushwhackers (South Cape Auto) met die titel gaan wegstap nie, want Magic Moppers, wat hulself nou in 'n stewige tweede plek geposisioneer het, kan met 'n oorwinning van agt koppe teenoor vier dit nog voor hul neuse wegraap.
Transporters en Brandhouse is gesamentlik in die derde plek, maar dis heel onwaarskynlik dat hulle enigsins 'n invloed op die topposisie sal hê.
Die stand van die eerste tien spanne is:
1. The Bushwhackers (60); 2. Magic Moppers (53); 3. Transporters (50); 4. Brandhouse (50); 5. Jumping Jacks (48); 6.The Butcher Boys (47); 7. Deciballers (46); 8. Kloppers (45); 9. Rooirivier Sportklub (43); 10. Terry's Auto Clinic (42). Daar gaan weer lekker makietie gehou word en elkeen van die 112 deelnemers sal op die laaste aand 'n prys ontvang.
Almal is welkom om te deel in die pret en plesier vanaf 18:00 by die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark. Toegang is gratis en daar is baie te ete en drinke.

Grobbie Grobler van Rooirivier-sportklub is die ene konsentrasie voordat hy 'n bal lanseer. Foto's: Kobus van Wyk Fotografie
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'