GEORGE ROLBALNUUS - Na skitterende rolbal wat by tye opgedis is, is Outeniqua-rolbalklub se klubkampioene oor die afgelope weke bepaal.
Japie Combrink en Sandra Axsel is onderskeidelik die mans- en dames-enkelspelkampioene met Billy Radloff en Trix van Niekerk die naaswenners.
Die driespel-kampioenskap het vanjaar ook uitstekende rolbal opgedis met verskeie spanne wat om die titel meegeding het.
In die mansafdeling was dit Danny Weeks, Johan van Aswegen en Barry Connelan wat uiteindelik met die titel weggestap het.
Die damesafdeling, wat ewe kompete-rende rolbal opgelewer het, is uiteindelik deur Eliana Hattingh, Mae Flannagan en Elaine Haynes gebuit.
Die enkelspelkampioene is Sandra Axsel en Japie Combrink met die naaswenners, Trix van Niekerk en Billy Radloff links.
Die damesdriespelkampioene is van links: Elaine Haynes, Eliana Hattingh en Mae Flannagan.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'