GEORGE ROLBALNUUS - Span The Legends was eerste uit die blokke in die Outeniqua-rolbalklub se somerliga vir besigheidspanne en het die eerste plek ingeneem na die eerste ronde van ses.
Blanco-buurtwag het ook 14 ligapunte soos The Legends, maar laasgenoemde se punteverskil het hulle die neus voor laat kry. Nou kom hierdie twee spanne vanaand (Donderdag) in die tweede ronde teen mekaar te staan.
Fireballs het die derde plek ingeneem en kom teen Talisman, wat vierde is, te staan.
'n Vol veld van 28 spanne het ingeskryf vir hierdie eerste kompetisie vir spanne van vier na die grendeltyd aangekondig is.
Arrow Creek Construction, Kommaweer Stoffeerders, Tamsa Kombuise en Relax Bed & Foam is die gesamentlike hoofborge van die reeks.
Die wedstryde, wat gratis bygewoon kan word, begin om 18:00 by Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark. Die klublede berei ligte etes voor en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Uitslae:
1 The Legends 14; 2 Blanco Buurtwag 14; 3 Fireballs 13; 4 Talisman 13; 5 Diva's 12; 6 Kommaweer Stoffeerders 12; 7 Finovo 12; 8 KTV 11; 9 Redline 11; 10 Bowling Stones 10; 11 Carpet King 10; 12 Moore 10; 13 Elbow Benders 10; 14 Butz & Gutz 9; 15 Assupol 7; 16 Golden Girls 6; 17 Bomb Squad 6; 18 Meyerkon 6; 19 Coastal Relax 6; 20 Ricoh 5; 21 Just Property 5; 22 Bowlistics 4; 23 Kloppers CAW 4; 24 Bermuda Triangle 4; 25 Tavcor 3; 26 Jack & 3 Jills 3; 27 Balls of Fury 2; 28 SP Legal 2.
Wedstrydlys:
The Legends t Blanco Buurtwag; Fireballs t Talisman; Diva's t Kommaweer Stoffeerders; Finovo t KTV; Redline t Bowling Stones; Carpet King t Moore; Elbow Benders t Butz & Gutz; Assupol t Golden Girls; Bomb Squad t Meyerkon; Coastal Relax t Ricoh; Just Property t Bowlisticks; Kloppers CAW t Bermuda Triangle; Tavcor t Jack & 3 Jills; Balls of Fury t SP Legal.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'