GEORGE NUUS - Met die voorloper, Ricoh, wat na 'n nederlaag teen Vorster Motors na die derde plek teruggesak het, het Supporters die gaping gevat met 'n oorwinning oor KTV en die nuwe voorloper geword in die Boardware Love 4 Vintage Somerliga vir besigheidspanne by die Outeniqua-rolbalklub.
KTV bevind hulle nou in die 11de plek en sal vanaand (Donderdag) 'n goeie oorwinning oor Boardware moet behaal indien hulle hul aspirasies in die liga lewendig wil hou.
Vorster Motors (2de) het deurgaans konstant gevaar en kom teen die ervare Supporters te staan.
Ricoh kan nog 'n haas uit die hoed trek met 'n goeie oorwinning oor JDL Printing wat tans in die vierde plek is.
Hereford Group George (5de) kom teen Bowling Stones te staan en beide spanne sal alles gee om die leer te klim.
In die voorlaaste ronde van die reeks gaan die kompetisie vuurwarm raak met verskeie voorste spanne wat hul alles gaan gee om 'n goeie deurbraak te maak.
Die reeks eindig op Donderdagaand 1 Maart wanneer elke speler met 'n biefstukete vergas gaan word.
Ander belangstellendes en gades kan ook saam smul deur vooraf etes teen R90 by die klub te bestel.
Een van die hoofborge, Mustbuild Boardware, se span bestaan uit van links: Boet Gericke, Kobus Landman, Pottie van Aardt en Graeme Rob.
Hierdie aand is gewoonlik 'n top sosiale geleentheid met baie belangstellendes wat die sitplekke volpak en lewendige musiek om die atmosfeer op te kikker.
Alle belangstellendes is welkom om die wedstryde vanaf 18:00 by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, gratis by te woon.
Die klub berei ligte etes voor en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Uitslae:
- Supporters 44;
- Vorster Motors 44;
- Ricoh 42;
- JDL Printing 40;
- Hereford Group George 40;
- Bowling Stones 38;
- Kommaweer Stoffeerders 38;
- Halfway Toyota 37;
- 4 Musketeers 37;
- Mend a Bath 35;
- KTV 35;
- Boardware 32;
- Mac Dee Hops 32;
- Disasters 32;
- Blue Back Boogie 31;
- MDL 31;
- Hot Stuff 30;
- Just Property 30;
- Bruwer Reynolds Prokureurs 30;
- Shell Kraaibosch 29;
- Total Gas 27;
- Jack's Paint & Hardware 27;
- Angel's 26;
- Miskruiers 25;
- Oddballs 25;
- Agterste Speen 22;
- Roux Prokureurs 22;
- Pik 'n Wyn 22.
Wedstrydlys:
- KTV t Boardware;
- Mac Dee Hops t Disasters;
- Blue Back Boogie t MDL;
- Hot Stuff t Just Property;
- Bruwer Reynolds Prokureurs t Shell Kraaibosch;
- Total Gas t Jack's Paint & Hardware;
- Angel's t Miskruiers;
- Oddballs t Agterste Speen;
- Roux Prokureurs t Pik 'n Wyn;
- Supporters t Vorster Motors;
- Ricoh t JDL Printing;
- Bowling Stones t Hereford Group George;
- Kommaweer Stoffeerders t Halfway Toyota;
- 4 Musketeers t Mend a Bath.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'