In Afdeling A is Aces High nou in die eer-ste plek met 35 punte na hul oorwinning van 12-10 oor verlede week se voorloper, Brandhouse, wat tans in die derde plek is met 32 punte. Terry's Auto Clinic het in die tweede posisie (34 punte) ingeskuif nadat hulle die Bushwhackers met 12-7 die loef afgesteek het.
The Butcher Boys het hul voorsprong in Afdeling B (35 punte) vergroot deur Smitties Nr. Plates naelskraap met 9-7 te klop. Hul naaste teenstander is Kettie en Klip op 31 punte na 'n oorwinning van 15-9 oor Kloppers. Rooirivier Sportklub (3de met 30 punte) was ook hopeloos te sterk vir Heppie Cows en het hulle met 'n telling van 15-9 van die baan gevee.
Wedstryde vind elke Donderdagaand vanaf 18:00 plaas by die bane van die Outeniqua Rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark. Alle belangstellendes is welkom en verversings is beskikbaar.
Herman Lombard en Wim Erasmus het ingewillig om lewende musiek tydens die wedstryde te verskaf en die aand met hul sangstemme op te helder. Die gewilde troebadoer, Michael Lindt, staan hulle ook soms by.
Van links vergas Wim Erasmus, Michael Lindt en Herman Lombard rolbalspelers en ondersteuners met saamsing-musiek.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'