GEORGE ROLBALNUUS - Die spanning laai nou kwaai op vir vanaand (Donderdag) se voorlaaste ronde in die somerliga vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub.
KTV bevind hulle in die eerste plek in die liga en kom nou teen Blanco Buurtwag (2de plek) te staan.
Talisman, wat in die eerste plek was en in die vierde ronde onttrek het, is nou in die derde plek met hul teenstanders, Kommaweer Stoffeerders, in die vierde plek.
Met die punteverskil wat baie min is tussen die voorste spanne kan daar nog verrassings in die laaste twee rondes kom.
Al die spelers in die eindronde op 10 Desember word met 'n gratis steakete getrakteer. Daar is nog 'n beperkte hoeveelheid beskikbaar wat teen R100 per ete by Phillip Hattingh (062 544 2233) of die klubhuis bespreek kan word.
Alle belangstellendes is welkom om vanaand se wedstryde gratis by te woon. Daar is ligte etes en 'n kontantkroeg beskikbaar.
Liga-posisies:
1 KTV 44; 2 Blanco Buurtwag 43; 3 Talisman 42; 4 Kommaweer Stoffeerders 41; 5 Finovo 41; 6 Just Property 40; 7 Carpet King 38; 8 Bowling Stones 37; 9 The Legends 36; 10 Bomb Squad 36; 11 Kloppers CAW 34; 12 Tavcor 33; 13 Golden Girls 33; 14 Redline 32; 15 Assupol 32; 16 Meyerkon 32; 17 Coastal Relax 32; 18 Bermuda Triangle 32; 19 Ricoh 29; 20 Butz & Gutz 29; 21 Balls of Fury 28; 22 Fireballs 25; 23 Bowlistics 24; 24 Jack & 3 Jills 23; 25 Elbow Benders 22; 26 Diva's 21; 27 Moore 21; 28 SP Legal 16.
Wedstrydlys:
Assupol t Meyerkon; Coastal Relax t Bermuda Triangle; Ricoh t Butz & Gutz; Balls of Fury t Fireballs; Bowlistics t Jack & 3 Jills; Elbow Benders t Diva's; Moore t SP Legal; KTV t Blanco Buurtwag; Talisman t Kommaweer Stoffeerders; Finovo t Just Property; Carpet King t Bowling Stones; The Legends t Bomb Squad; Kloppers CAW t Tavcor; Golden Girls t Redline.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'