Hulle kom vanaand (Donderdagaand) te staan teen die enigste ander onoorwonne span in die liga, Kirsten en Tulleken Vervoer, wat nóg 'n vuurdoop beteken.
Die ervare Butcher Boys het ook getoon dat hulle nie so maklik bes gaan gee nie en bevind hulself weer in die derde plek ná die vorige week se misstappie. In hul wedstryd teen Sampies Electrical kan die vonke spat.
In nog 'n interessante tweestryd kan die wenner van die kragmeting tussen Ricoh en Digifusion hulself in 'n goeie posisie op die punteleer bevind.
Die stand van die eerste vyf spanne is: 1 Smitties Nr Plates (35); 2 Kirsten & Tulleken Vervoer (34); 3 Butcher Boys (33); 4 Sampies Electrical (32); 5 Ricoh (30).
Wedstryde vind Donderdagaande van 18:00 af plaas by die Outeniqua Rolbalklub se bane in Airwayweg, Heatherpark en alle belangstellendes word uitgenooi om te deel in die pret plesier van die deelnemende spanne.
'n Kontantkroeg en eetgoed is ook beskikbaar.

Span Nashua se Stefan Pelzer links met sy prys wat Greg Young aan hom oorhandig het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'