GEORGE NUUS - Halfpad deur die Riaan de Wit en Outeniqua Plumbers-rolballiga vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub het Skubbe hul voorsprong met 'n addisionele ligapunt verstewig.
Die span het Bay Beds in die derde ronde geklop en is nou drie ligapunte voor Kommaweer Stoffeerders, die span in die tweede plek in die ligakompetisie.
Kommaweer het vir Enough is Enough geklop terwyl Vault Properties, wat tans die derde plek beklee, vir Bowlistics afgestof het.
Verskeie spanne blaas in mekaar se nekhare wat die oorblywende drie rondes baie opwindend gaan maak. Die wedstryde word elke Donderdagaand by Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, gespeel en begin om 18:00.
Belangstellendes kan die wedstryde gratis bywoon.
Ligte etes is beskikbaar en 'n kontantkroeg sorg vir die droë kele.
Uitslae
1 Skubbe 37; 2 Kommaweer Stoffeerders 34; 3 Vault Properties 34; 4 Butz & Gutz 31; 5 Bay Beds 29; 6 Coastal Relax 29; 7 Mat Katte 28; 8 Bowlistics 28; 9 Bowling Stones 27; 10 Redline 24; 11 Enough is Enough 24; 12 Accidental Bowlers 23; 13 Just Property 23; 14 Two of a Kind 23; 15 Finovo 23; 16 KTV 22; 17 South Cape Properties 22; 18 SP Legal 21; 19 Africorp Accounting 21; 20 Diesel Koppe 21; 21 George Auto 18; 22 Ricoh 14; 23 Blanco Buurtwag 13; 24 Tax Consulting 9.
Wedstrydlys
Just Property t Two of a Kind; Finovo t South Cape Properties t SP Legal; Africorp Accounting t Diesel Koppe, George Auto t Ricoh; Blanco Buurtwag t Tax Consulting; Skubbe t Kommaweer Stoffeerders; Vault Properties t Butz & Gutz; Bay Beds t Coastal Relax; Mat Katte Bowling Stones; Bowlistics t Redline; Enough is Enough t Accidental Bowlers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'