Gallery
GEORGE SPORTNUUS - Sandra Axsel is herkies om die leisels te vat by die Eden Nomads met Louis Prinsloo as visepresident.
Die ander bestuurslede wat tydens die algemene jaarvergadering verkies is, is Daphne Faber (junior visepresident), Margaret Burger (sekretaris), Joyce Malan (tesourier) en Matilda Champaud.
Die bykomende komiteelede is Vollie van Vollenstee, Sampie Bezuidenhout, Crys Reis en Lorraine van Vollenstee.
Verskeie ander Nomads het ook pryse tydens die vergadering vir hul prestasies ontvang. Maritha Prinsloo was tydens Dames Nasionale Nomads-toernooi, wat op die bane van Veel en Vereeniging gespeel is, die wenner van die Eden-distrik met Lorraine van Vollenstee die naaswenner.
Click here for a photo gallery.
Johan van Aswegen het die prys vir die Nomads-speler ontvang wat die hoogste telling deur die afgelope jaar opgestel het.
Joyce Malan het die gelukstrekking gewen met Louise Kapp en Shirley van Staaten wat die bywoning-trekking pryse gewen het.
Die pas verkose bestuurslede van Eden Nomads vir die komende fiskale jaar is agter, van links: Sandra Axsel, Louis Prinsloo, Sampie Bezuidenhout, Crys Reis en Vollie van Vollenstee. Voor: Margaret Burger, Daphne Faber, Joyce Malan, Mathilda Champaud, Lorraine van Vollenstee.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'