GEORGE NUUS - Sandra Axsel lei weer Eden Nomads nadat sy tydens die algemene jaarvergadering herkies is.
Louis Prinsloo is as visepresident verkies met Daphne Faber as junior visepresident. Margaret Burger is as sekretaris herkies met Joyce Malan as tesourier.
Die addisionele lede is Lorraine van Vollenstee, Matilda Champaud, Piet Loubscher, Crys Reis en Vollie van Vollenstee.
Tydens die prysuitdeling het Dilene du Preez die beker ontvang vir die hoogste punte in 2020 en Louis Prinsloo vir die hoogste punte in 2021.
Johan Havenga en Margaret Burger se balkies vir 15 jaar Nomads-lidmaatskap is aan hulle oorhandig.
Johan Havenga en Margaret Burger wat 15 jaar lede van Nomadsis.
Die nuwe bestuur van Eden Nomads wat tydens die algemene jaarvergadering verkies is, is van links: Lorraine van Vollenstee, Matilda Champaud, Piet Loubscher, Daphne Faber, Sandra Axsel, Louis Prinsloo, Margaret Burger en Joyce Malan. Afwesig: Vollie van Vollenstee en Crys Reis.
Louis Prinsloo met sy trofee wat president Sandra Axsel aan hom oorhandig het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'