Die verdedigende kampioen, Smitties Nr Plates, is vroeg reeds op dreef en het die eerste plek ingeneem. Die ewe ervare Aces High en The Butcher Boys blaas in hul nekhare en lê onderskeidelik tweede en derde.
Die nuwelinge Jawbreakers het almal verras met hul vierde plek.
Aanstaande week wag 'n riller wanneer Smitties Nr Plates teen Aces High te staan kom. Vir Jawbreakers wag daar 'n vuurdoop teen die ervare The Butcher Boys.
Die wedstryde word elke Donderdagaand vanaf 18:00 by Ou-teniqua-rolbalklub in Airwayweg gespeel en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon. Ligte etes en 'n kontant-kroeg is ook beskikbaar.
Uitslae:
1 Smitties; 2 Aces High; 3 The Butcher Boys; 4 Jawbreakers; 5 Bushwhackers; 6 Blitzballe; 7 Rooirivier Sportklub; 8 Chanel Dog & Cat Parlour; 9 KTV; 10 Smart Moves; 11 Apple Projects; 12 Digifusion; 13 Spares Squad; 14 Intercare Rollers; 15 Ricoh; 16 Babes and Balls; 17 Zanzibar; 18 Recon Leaners; 19 Danter Sales; 20 Die Rowwe Rofrollers; 21 Transporters; 22 Watsons Meat; 23 Hugs & Kisses; 24 Nashua; 25 Terry's Auto Clinic; 26 Lap & Water; 27 Werkloos; 28 Fireballs.

Daar was ook tyd vir feesvier na afloop van die wedstryde. Johan Meyer (links) en Wayne Drenan, van Intercare Rollers, speel narre tydens die prysuitdeling. Foto: Kobus van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'