GEORGE ROLBALNUUS - Outeniqua Woods het vanaand (Donderdag) die reuse taak om Ballbarians in die finale ronde van die Riaan de Wit en Supa Quick Yorkstraat-rolballiga vir besigheidspanne te probeer stuit.
Maar dit gaan geen geringe taak wees nie, want die voorlopers in die liga het van meet af voorgeloop en spog, na 'n goeie oorwinning oor Boksombende in verlede week se been, met 'n voorsprong van 6 ligapunte.
Outeniqua Woods het in die voorlaaste been vir KTV afgestof en beklee tans die tweede plek met Mend a Bath, wat vir Kingearls geklop het, in die derde plek. Vorster Motors, wat die beste daaraan toe was teen Talisman, is tans in die vierde posisie.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua Rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon. Lewendige musiek gaan verskaf word en 'n springkasteel gaan die kinders vermaak.
Die Somerreeks begin op 31 Oktober en die inskrywingsvorms is reeds by die klub beskikbaar waar voornemende spanne kan inskryf. Daar is nog geleentheid vir voornemende hoofborge van die reeks en navraag kan gedoen word deur Greg Young by 082 804 8943 te skakel. Navrae oor inskrywings kan ook by hom gedoen word.
Uitslae
1 Ballbarians 62; 2 Outeniqua Woods 56; 3 Mend a Bath 49; 4 Vorster Motors 48; 5 Boksombende 48; 6 KTV 46; 7 Hot Shots 46; 8 Finovo 45; 9 Kingearls 44; 10 Ricoh 44; 11 Carpet King 44; 12 The Privates 43; 13 Mac Dee Hops 43; 14 Accidental Bowlers 41; 15 Talisman 41; 16 Kommaweer Stoffeerders 41; 17 Bushwackers 40; 18 Butz & Gutz 39; 19 Coastal Relax 39; 20 4 Musketeers 38; 21 Spares Squad 38; 22 Moore Stevens 37; 23 Electric Unit 35; 24 Just Property 35; 25 Bowling Stones 34; 26 Super Rollers 34; 27 3 Jacks & a Jill 33; 28 Vox 32; 29 Amec 32; 30 Roes 27; 31 Divas 26; 32 SP Legal 20.
Wedstrydlys
Ballbarians t Outeniqua Woods; Mend a Bath t Vorster Motors; Boksombende t KTV; Hot Shots t Finovo; Kingearls t Ricoh; Carpet King t The Privates; Mac Dee Hops t Accidental Bowlers; Talisman t Kommaweer Stoffeerders; Bushwackers t Butz & Gutz; Coastal Relax t 4 Musketeers; Spares Squad t Moore Stevens; Electric Unit t Just Property; Bowling Stones t Super Rollers; 3 Jacks & a Jill t Vox; Amec t Roes; Divas t SP Legal.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'