GEORGE ROLBALNUUS - Outcasts klou soos 'n neet aan die voorsprong halfpad deur die Relax Beds & Foam en Riaan de Wit Prokureurs geborgde rolballiga vir besigheidspanne by die Outeniqua-rolbalklub na 'n derde agtereenvolgende goeie oorwinning.
Die voorlopers het dit te danke aan 'n goeie oorwinning oor Boardware wat na die negende plek teruggesak het.
Ballbarians, wat Die Electric Unit geklop het, is tans in die tweede posisie met Supporters, wat die vorige reeks se kampioene, Kommaweer Stoffeerders, afgestof het wat nou in die derde plek is.
Vanaand (Donderdag) gaan 'n taai stryd tussen Outcasts en Ballbarians heers met Supporters en Bushwackers wat ewe gretig gaan wees om 'n goeie oorwinning te behaal wat hulle kanse kan verbeter om die reeks te buit.
Die verwagting is dat daar ook min genade betoon gaan word in die stryd tussen KTV en Coastal Armiture Winders.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'