Die toernooi, waaraan 28 spanne deelgeneem het, het deurgaans kompeterende rolbal opgelewer en stuur nou op 'n klimaks af. Die meer ervare spanne, wat al verskeie kere deelgeneem het, het die toernooi deurgaans oorheers en van meet af aan die voorste plekke ingeneem.
Maar dis geen uitgemaakte saak wie met die titel gaan wegstap nie. Aces High is tans die voorlopers op 78 ligapunte met The Butcher Boys, 'n vorige kampioenspan, in die tweede plek op 71 punte. Die twee voorlopers pak mekaar vir die eerste keer in vanjaar se toernooi terwyl Apple Projects (70 punte) en Brandhouse (69 punte) mekaar die stryd aansê.
Dit sal moeilik wees om Aces High van die titel weg te hou, maar The Butcher Boys was ook nie in die verlede verniet by twee geleenthede die kampioen nie.
Vir die ander spanne in die toernooi is daar eer en aanloklike pryse op die spel.
Die toernooi word afgesluit met 'n steakbraai na afloop van die wedstryde met die musiek van top plaaslike musikante en sangers. Die orkes het nou met nog 'n lid aangegroei nadat Jovan by Herman, Wim en Michael aangesluit het.
Die wedstryde begin om 18:00 by die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon en die rolbal en musiek te geniet.

Jaco Kolesky van Red Hot Umpa umasw ontvang sy prys van Greg Young van die Outeniqua-rolbalklub met Johan Meyer wat agter staan.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'