GEORGE NUUS - Die gewigstootsensasie van Hoërskool Outeniqua, Meike Strydom, het 'n silwermedalje gewen nadat sy 'n puik afstand van 16,08 m gestoot het by die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskappe in Pretoria.
Ischke Senekal van Oostelike Provinsie het die titel gewen met 'n afstand van 16,70 m.
Die 17-jarige Meike se puik afstand beteken dat sy die derde plek op die Internasionale Vereeniging van Atletiekfederasies (IAAF) se ranglys vir juniors in 2018 beklee.
Slegs twee 18-jariges, Madson-Lee Wesche (16,94) m van Nieu-Zeeland en Dianelis Delis (16,12 m) van Kuba kon vanjaar beter afstande stoot as Strydom.
"Kwaggas is baie trots op Meike. Sy is een van ons beste atlete ooit. Ons sien baie uit na die res van haar byeenkomste aangesien sy by die dag net beter en beter word," het Piet Cloete, sporthoof van die Kwaggas, aan die George Herald gesê.
Lees 'n vorige artikel: Meike Strydom skitte rin Goudstad
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'