Spanname soos Hugs & Kisses, Babes & Balls en Smart Moves herinner sterk aan die romantiese atmosfeer van die lenteseisoen, maar dan is daar ook die name wat duidelik waarskuwings rig soos Rowwe Rofrollers, Jawbreakers, Butcher Boys en Fireballs.
Verskeie spanne wat in die verlede reeds hul stempel op die reekse afgedruk het soos, onder andere, Smitties Nr Plates, The Butcher Boys, Aces High, KTV en The Bushwackers gaan weer in aksie wees. Smitties Nr Plates is die vorige reeks se kampioen en sal onder druk wees om weer hul puik vertoning te herhaal.
Nuwelinge in die toernooi is Rowwe Rofrollers (Durable Construction), Werkloos (Mr Sandman), Hugs & Kisses (privaat) en Fideballs (TG Motors).
Alhoewel heelwat meer spanne ingeskryf het, kan die klub net 28 spanne akkommodeer en die res van die 34 inskrywings sal tot die volgende ronde moet wag om 'n speelbeurt te kry.
Die borge wat hierdie reeks moontlik maak, is Brandhouse, Checkers, Coke, Danter Sales, Mr Meat, Totalgaz Sandkraal en Transform Electrical/Eurolux.
Die wedstryde word elke Donderdag-aand van 18:00 af by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg gespeel en ondersteuners is welkom om dit gratis by te woon. Eet- en drinkgoed sal ook beskikbaar wees.

Smitties Nr Plates se kampioenspan wat onder druk is om hul titel suksesvol te verdedig. Tydens die prysuitdeling van die vorige reeks geneem is, is van links (agter) Greg Young (Outeniqua-rolbalklub), Marius Esterhuizen (hoofborg), Sampie Bezuidenhout (borg), Johan Smit en Deon Swart. Voor: Gideon Swart en Neil Abrahamson. Regs staan Johan Meyer, president van Outeniqua-rolbalklub.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'