GEORGE MUURBAL NUUS - Kwaggas se eerste muurbalspan pronk spoggerig in hul spandrag geborg deur Akademia.
Die span sien uit na die seisoen wat hopelik eersdaags sal afskop en is entoesiasties en oefen reeds volstoom.
Die span bedank Johan Lubbe van Akademia vir die borg van die stylvolle spandrag.
Die Kwaggas se eerste muurbalspan is voor, van links: Dean Botes, Kaelin Mollentze, Danielle Smal, N Zandberg (organiseerder), O Campbell (afrigter), Johan Lubbe (borg Akademia), Megan Terblanche, Tiané Goosen en Mathias Loubser. Agter: Wikus Jordaan (kaptein), Philip Myburgh, Malan Viljoen en iné Ferreira (kapteine).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'