Gallery
GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se eerste rugbyspan het Saterdag weggehardloop met Hoërskool Durbanville in 'n interskole kragmeting en hulle met 88-12 geklop.
Die wenspan se groot held was ongetwyfeld hul losskakel en onderkaptein, James Molentze, wat altesaam 33 punte aangeteken het wat 3 drieë en 9 doelskoppe insluit.
Molentze se goeie aanvoeling vir die spel en puik balverspreiding maak van hom 'n spesiale speler. Hy het 'n groot aandeel gehad in die 14 puik drieë wat sy span gedruk het.
Voorlangs het Conrad Ackerman (vaskopstut) met sy stormramlopies baie druk op die besoekers geplaas. Hul lostrio, Braam van Huysteen, Ruben Coetzee en Andreas Breytenbach (kaptein) het as eenheid baie goed saamgespeel. Veral hul spoed na die afbreekpunte en puik verdediging het die manne van die Kaap hoofbrekens gegee.
In die middelveld het hul senterpaar, Adolf Lombaard en Emileo Otto goed gekombineer.
Vir die wenspan is Cullen Joseph (plaasvervanger-regtervleuel), Braam van Huyssteen, Rubin Coetzee (3), Andreas Breytenbach (3), Sylvester Hassien, James Molentze (3), Dillan Pieterse en Emeleo Otto oor vir drieë. James slaag ook met 9 doelskoppe.
Durbanville se drieë is gedruk deur Diagho Miggel (losskakel) en Christiaan Hanekom (linkervleuel). Juanre de Klerk (buitesenter) slaag met 'n doelskop.
Die Kwaggas se o.18-dogtershokkiespan het ook met 2-1 gewen. Jani Senekal en Lea Loock het die wenspan se doele aangeteken.
Die eerste seunshokkiespan het met 0-0 gelykop geëindig.
Durbanville se o.18-netbalspan het die bordjies verhang toe hulle Outeniqua in 'n naelbytstryd met 20-19 geklop het. Vir die Kwaggas het Adele Agenbag (8) en Anucka Julyan (11) doele aangeteken. Tharien Breytenbach is aangewys as Outeniqua se speler van die wedstryd.
Ander uitslae:
Rugby
o.19B: OHS wen 26-10. o.19C: OHS verloor 5 -7.
o.16A: OHS wen 23-5. o.16B: OHS verloor 12-17.
o.15A: OHS wen 22-14. o.14A: OHS verloor 16-23.
o.14B: OHS wen 33-5. o.14C: OHS wen 15-12.
Netbal
o.14A: OHS verloor 4-21, o.14B: OHS verloor 8-10,
o.14C: OHS verloor 13-23, o.14D: OHS wen 15-10.
o.15A: OHS verloor 11-23. o.15B: OHS wen 16-11.
o.15C: OHS wen 23-2. o.15D: OHS wen 11 – 10.
o.16A: OHS verloor 18-35. o.16B: OHS verloor 11- 16. o.16C: gelykop 11 elk.
o.17A: OHS wen 15-6. o.17B: OHS wen 42-7.
o.18B: OHS wen 30-13. o.18C: OHS wen 26-13.
Hokkie (dogters)
o.14A: OHS wen 3-0. (Deonell Grobler, Elize Smook, Cara Bergh teken doele aan)
o.16A: OHS wen 4-1. (Jamee-Lee de Kock, Ineke Ferrera (2) en Jana Rossouw het doele aangeteken).
o.16B: OHS wen 4-1. (Lana du Plessis (2), Zeenath Coetzee, Chanel Booysen het doele aangeteken).
o.16C: Gelykop 0 elk.
o.19B: OHS wen 3-1. (Petri Esterhuizen, Mia Wessels, Ann-Mart Ferreira het doele aangeteken)
Hokkie (seuns)
o.14A: OHS wen 4-0. (Joshua Muller (2), Pieter Breytenbach, Kai Ferreira het doele aangeteken.)
o.16A: OHS wen 2-1. (Keagan Evans en Jaco-Hein Louw het doele aangeteken).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'