GEORGE ROLBALNUUS - KTV het die voortou in die somerliga vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub geneem na 'n goeie sege oor The Legends.
Die vorige voorlopers, Talisman, het onttrek wat die eerste plek op die punteleer wawyd oopgelaat het.
Blanco Buurtwag, wat teen Talisman moes speel, beklee steeds die tweede plek met Talisman in die derde posisie.
Na die vierde ronde begin die kompetisie fel raak tussen die voorlopers en die verwagting is dat die spanne mekaar behoorlik gaan pak in die oorblywende twee rondes.
Die vierde been, wat vanaand (Donderdag) gespeel sou word, is na Dinsdagaand vervroeg om voorsiening te maak vir die eerste ronde van die Bell Classic.
Die reeks word aanstaande Donderdag-aand weer hervat en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon. Die wedstryde begin, soos gewoonlik, om 18:00.
Blanco Buurtwag se spanlede is hier duidelik ingenome nadat hulle die tweede plek op die punteleer behou het. Van links is Louis Els, Eric Gouws, Deon van der Rijst en Natius Anker. Foto: Jannie Meyer
Uitslae:
1 KTV 44; 2 Blanco Buurtwag 43; 3 Talisman 42; 4 Kommaweer Stoffeerders 41; 5 Finovo 41; 6 Just Property 40; 7 Carpet King 38; 8 Bowling Stones 37; 9 The Legends 36; 10 Bomb Squad 36; 11 Kloppers CAW 34; 12 Tavcor 33; 13 Golden Girls 33; 14 Redline 32; 15 Assupol 32; 16 Meyerkon 32; 17 Coastal Relax 32; 18 Bermuda Triangle 32; 19 Ricoh 29; 20 Butz & Gutz 29; 21 Balls of Fury 28; 22 Fireballs 25; 23 Bowlistics 24; 24 Jack & 3 Jills 23; 25 Elbow Benders 22; 26 Diva's 21; 27 Moore 21; 28 SP Legal 16.
Donderdag-uitslae:
1 Talisman 36; 2 33 Blanco Buurtwag 33; 3 The Legends 32; 4 KTV 32; 5 Carpet King 32; 6 Finovo 31; 7 Kommaweer Stoffeerders 29; 8 Redline 28; 9 Coastal Relax 28; 10 Just Property 28; 11 Tavcor 27; 12 Bowling Stones 27; 13 Assupol 26; 14 Bomb Squad 26; 15 Kloppers CAW 24; 16 Butz & Gutz 23; 17 Fireballs 21; 18 Golden Girls 21; 19 Meyerkon 20; 20 Bowlistics 20; 21 Bermuda Triangle 19; 22 Diva's 18; 23 Elbow Benders 18; 24 Ricoh 17; 25 Moore 17; 26 Balls of Fury 16; 27 SP Legal 13; 28 Jack & 3 Jills 10.
Wedstrydlys:
Assupol t Meyerkon; Coastal FRelax t Bermuda Triangle; Ricoh t Butz & Gutz; Balls of Fury t Fireballs; Bowlistics t Jack & 3 Jills; Elbow Benders t Diva's; Moore t SP Legal; KTV t Blanco Buurtwag; Talisman t Kommaweer Stoffeerders; Finovo t Just Property; Carpet King t Bowling Stones; The Legends t Bomb Squad; Kloppers CAW t Tavcor; Golden Girls t Redline.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'