Colburn het in sy eerste kompetisie ongekende potensiaal getoon deur die senior 74 kg afdeling in beide die Oos-Kaap en Provinsiale Kampioenskappe te verower. Sy totaal van 515 kg het uit 'n hurksit van 165 kg, bankiedruk van 140 kg en dooiegewig-optel van 210 kg bestaan.
Combrinck, wat as meestersatleet maar onlangs vir die eerste keer in sy lewe in 'n gimnasium begin oefen het, het getoon dat met deursettingsvermoë enige uitkoms moontlik is. Sy totaal van 357 kg het aan hom 'n goue medalje in die 74 kg meesters 1-afdeling in die Oos-Kaap Kampioenskappe besorg asook 'n vyfde plek in die ope afdeling teen Westelike Provinsie. Sy prestasie het uit 'n hurksit van 102,5 kg, bankiedruk van 80 kg en dooiegewig-optel van 175 kg bestaan.
Ander deelnemers uit die SWD se uitslae was (totaal in kg, hurksit, bankiedruk, dooiegewig-optel): Anneke Jordaan SJ 267,5/110/45/112,5; Christo Jordaan M1 655/255/142,5/257,5; Stephen Stander M1 617,5/220/147,5/250; Jaques Fourie SJ 460/165/95/200.
Groentjie-kragoptellers Niel Colburn en Ettiene Combrinck wat uitstekend in hul eerste kampioenskappe gevaar het.