Gedurende die 2002/03 finansiële jaar het die munisipaliteit met 'n bedryfsbegroting van R3 miljoen en slegs een sportontwikkelingsbeampte met die huidige sport infrastruktuur heropbouprogram begin.
Dit het die sportterreine van Blanco, Rosemoor, Pacaltsdorp, Thembalethu en Touwsranten ingesluit. Die nuwe sportraad is op Saterdag 7 September met 12 klubs en 24 verteenwoordigers van Blanco, Rosemoor, George, Rooirivier, Pacaltsdorp, Lawaaikamp, Maraiskamp, Parkdene, Thembalethu, Uniondale, Haarlem, Touwsranten, George-skolesport en George-sportklub vir gestremdes verkies.
Die stigtingsvergadering is namens SWD-sportraad, deur Goliath Munro, president van die Wes-Kaapse Sportkonfederasie gefasiliteer.
Beide die uitvoerende burgemeester van George, Charles Standers, en munisipale bestuurder, Trevor Botha, het die praktiese en strategiese belangrikheid vir George en veral die groei en ontwikkeling van die jeug beklemtoon. Standers het 'n sleutelrol ten opsigte van die stigting van die George-sportraad gespeel. Die sportbeampte, Kidron Kaboni, het die proses sedert Januarie 2011 gedryf en tot met die stigting van die George- sportraad alles op koers gehou.
Die bevoegdhede van die sportraad sluit in, 'n adviserende hoedanigheid tot die George-stadsraad, bestuur van sport ten gunste van alle gemeenskappe in George, affiliasie tot die SWD-sportraad en ook die Wes-Kaapse Sportkonfederasie en die jaarlikse bestuur van sportaktiwiteite in George.
Die voorsitter is Ebrahim America (Pacaltsdorp), ondervoorsitter Moffat Zukelwa (Lawaaikamp), sekretaris Anne van der Merwe (Blanco), tesourier Vivian Langeveld (Gestremde Sport) en addisionele lede, Hans Ottervanger (George), Isaac Felix (Pacaltsdorp), Loyiso Shoto (Thembalethu) en Russel Plaatjies (Uniondale).
Van links: Hans Ottervanger (George), Charles Standers (uitvoerende burgemeester van George), Loyiso Shoto (Thembalethu), Anne van der Merwe (Blanco), Trevor Botha (munisipale bestuurder), Ebrahim America (Pacaltsdorp), Vivian Langeveld (Gestremde Sport), Russel Plaatjies (Uniondale), Kidron Kaboni (sportbeampte van George-munisipaliteit), Moffat Zukelwa (Lawaaikamp), Isaac Felix (Pacaltsdorp), Goliath Munro (president van die Wes-Kaapse Sportkonfederasie).
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'