GEORGE ROLBALNUUS - Finovo gaan vanaand (Donderdag) die voorlaaste ronde van die Assupol-besigheidsliga van die Outeniqua-rolbalklub binne met 'n voorsprong van vier ligapunte, maar kan 'n titaniese stryd teen 'n vasberade KTV-span verwag.
Die voorlopers is reeds die laaste drie rondes in die eerste posisie in die liga en sal nie maklik bes gee nie. Hulle glo vas dat hulle die kampioenskap kan wen en sal die laaste twee rondes vol selfvertroue aandurf.
Behalwe hierdie twee is daar ook 'n paar ander spanne wat glo hulle staan 'n baie goeie kans. Een van die spanne is Coastal Relax in die derde plek wat teen Ricoh te staan kom.
Met 'n goeie oorwinning kan enige van die twee spanne nog 'n deurbraak bewerkstellig.
Aanstaande week is die eindstryd wat soos altyd weer 'n fees gaan wees met steak op die tafel en lewendige musiek.
Die wedstryde begin om 18:00.
Die klublede berei ligte etes voor en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Uitslae
1 Finovo 57; 2 KTV 53; 3 Coastal Relax 52; 4 Ricoh 49; 5 Bowling Stones 47; 6 Enough is Enough 47; 7 Meyerkon 45; 8 Butz & Gutz 45; 9 Fireballs 43; 10 Accidental Bowlers 41; 11 Kommaweer Stoffeerders 41; 12 Vault Properties 40; 13 Assupol Bowlers 40; 14 Redline 38; 38; 15 Just Property 38; 16 Yappie Rollers 37; 17 Ou Rollers 35; 18 SP Legal 35; 19 Kingearls 33; 20 Blanco Buurtwag 33; 21 South Cape Properties 30; 22 Jack & 3 Jills 30; 23 Africorp Accounting 28; 24 Golden Girls 24.
Wedstrydlys
Finovo t KTV; Coastal Relax t Ricoh; Bowling Stones t Enough is Enough; Meyerkon t Butz & Gutz; Fireballs t Accidental Bowlers; Kommaweer Stoffeerders t Vault Properties; Assupol t Redline; Just Property t Yappie Rollers; Ou Rollers t SP Legal; Kingearls t Blanco Buurtwag; South Cape Properties t Jack & 3 Jills; Africorp Accounting t Golden Girls.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'