GEORGE ROLBALNUUS - Finovo het al sterker deurgekom namate die Assupol rolballiga vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub gevorder het, maar Costal Relax het belowe dat hulle vanaand (Donderdag) hierdie segetog gaan stuit.
Maklik sal dit nie wees nie, want die voorlopers is reeds nege ligapunte voor Coastal Relax.
Butz & Gutz het die derde plek ingeneem na 'n goeie oorwinning oor Yappie Rollers.
Ricoh, wat in die eerste been in die laaste plek weggespring het, het hul pad weer mooi oopgeveg en beklee tans die vyfde plek, maar die kans dat hulle hul titel suksesvol kan verdedig is baie skraal. Na vanaand se wedstryde wag nog net die eindstryde aanstaande Donderdagaand en mens kan aanneem dat 'n nuwe kampioenspan gekroon gaan word.
Die wedstryde begin om 18:00.
Coastal Relax se span wat wat glo hulle kan vanaand Finovo se segetog stuit. Die spanlede is van links: Neil Rheeder, Juan van der Merwe, Godfried Rheeder en Jeandré Barnard.
Uitslae:
1 Finovo 51; 2 Coastal Relax 42; 3 Butz & Gutz 40; 4 KTV 39; 5 Ricoh 38; 6 Assupol Bowlers 38; 7 Accidental Bowlers 37; 8 Bowling Stones 35; 9 Redline 35; 10 Enough is Enough 34; 11 Yappie Rollers 34; 12 Meyerkon 32; 13 Ou Rollers 31; 14 Fireballs 31; 15 Kommaweer Stoffeerders 30; 16 Kingearls 28; 17 Just Property 28; 18 Blanco Buurtwag 27; 19 Africorp Accounting 26; 20 Vault Properties 26; 21 South Cape Properties 25; 22 SP Legal 24; 23 Jack & 3 Jills 24; 24 Golden Girls 13.
Wedstrydlys:
Ou Rollers t Fireballs; Kommaweer Stoffeerders t Kingearls; Just Property t Blanco Buurtwag; Africorp Accounting t Vault Properties; South Cape Properties t SP Legal; Jack & 3 Jills t Golden Girls; Finovo t Coastal Relax; Butz & Gutz t Ricoh; KTV t Assupol Bowlers; Accidental Bowlers t Bowling Stones; Redline t Enough is Enough; Yappie Rollers t Meyerkon.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'