GEORGE ROLBALNUUS - Finovo se Ettean & Friends het in die eerste ronde van die Sanlam en Love 4 Vintage Lenteliga-rolbalkompetisie vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub met 'n uitstekende oorwinning oor Diva's seker gemaak dat hulle met 'n voorsprong in die liga afskop.
Niks wou vir Diva's, wat voorheen as Angel's deelgeneem het, in plek val nie en die wenspan het goed hierop gekapitaliseer.
Ricoh het ook goed afgeskop met hul tweede plek terwyl Boardware met 'n derde plek verseker het.
Die meeste spanne wat vir die reeks ingeskryf het is ervare rolbalspanne met net enkele nuwelinge wat 'n aanduiding is van hoe straf die kompetisie na verwagting in die liga gaan wees.
Al die spanne het geesdriftig weggespring wat 'n aanduiding is van hoe hulle na die reeks uitgesien het.
Vanaand (Donderdag) gaan daar reeds vonke begin spat tussen van die mees ervare spanne wat mekaar gaan takel.
Comcen het hul 14de plek is die groentjiespan wat die beste gevaar het in die eerste ronde. Die ander nuwelinge op die baan is span Frikkie en CO Prokureurs.
Die wedstryde in die tweede ronde begin vanaand weer om 18:00 met die prysuitdeling teen ongeveer 20:00. Die klublede berei ligte etes en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Belangstellendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark.
Uitslae:
1 Ettean & Friends 15; 2 Ricoh 14; 3 Boardware 12; 4 Supporters 12; 5 Mend a Bath 12; 6 Vorster Motors 12; 7 KTV 11; 8 4 Musketeers 11; 9 Butz & Gutz 11; 10 Kommaweer Stoffeerders 10; 11 Sanlam 10; 12 York Auto 10; 13 ButterBowls 10; 14 Comcen 9; 15 Odd Balls 7; 16 Goussard Prokureurs 6;17 Disasters 6; 18 Magic Rollers 6; 19 Jack's Paint & Hardware 6; 20 Bowling Stones 5; 21 Chanel Doggy Parlour 5; 22 Frikkie 5; 23 Mac Dee Hops 4; 24 Just Property 4; 25 Miskruiers 4; 26 GRM & WJC 4; 27 CO Prokureurs 2; 28 Diva's 1.
Wedstrydlys:
Sanlam t York Auto; Butz & Gutz t Kommaweer Stoffeerders; KTV t 4 Musketeers; Ettean & Friends t Ricoh; Boardware t Supporters; Mend a Bath t Vorster Motors; Butter Bowls t Comcen; Odd Bowls t Goussard Prokureurs; Disasters t Magic Rollers; Jack's Paint & Hardware t Bowling Stones; Chanel Doggy Parlour t Frikkie; Mac Dee Hops t Just Property; Miskruiers t GRM & WJC; CO Prokureurs t Diva's.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'