GEORGE ROLBALNUUS - Na 'n koninklike ronde teen die leierlose Butz & Gutz het Carpet King op 'n verrassende wyse die eerste plek op die punteleer van die Outeniqua-rolbalklub se Somerliga vir besigheidspanne ingeneem.
Butz & Gutz se spanleier, Jacques Vorster, het die aand in die hospitaal deurgebring en 'n plaasvervanger, Kobus van Wyk, moes vir hom nader geroep word.
Die Matspan het egter konstruktiewe rolbal gespeel en genoeg punte ingesamel om tans ses ligapunte voor die naaste teenstander te eindig. Hulle kom vanaand (Donderdag) in die voorlaaste ronde van die reeks teen Accidental Bowlers te staan.
Butz & Gutz gaan weer met KTV slaags raak.
Ricoh en Kommaweer Stoffeerders is wel 'n hele paar punte agter, maar kan maklik met 'n goeie oorwinning deurbreek.
Die wedstryde begin om18:00 met die gelukkige trekking wat teen ongeveer 20:00 plaasvind.
Alle belangstellendes is baie welkom om gratis deel van die pret te wees. Die klub maak ligte etes beskikbaar en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Uitslae:
1 Carpet King 48; 2 Butz & Gutz 42; 3 Accidental Bowlers 42; 4 KTV 41; 5 Ricoh 40; 6 Kommaweer Stoffeerders 39; 7 Vor Jacks 38; 8 Eden Bouprojekte 38; 9 Coastal Relax 37; 10 Boksombende 37; 11 Tavcor 36; 12 Just Property 34; 13 Finovo 33; 14 Incredibles 33; 15 SPW 32; 16 Talisman 31; 17 Mac Dee Hops 30; 18 Meyerkon konstruksie 28; 19 BBC Bolle Rollers 28; 20 Tyres & Treads 28; 21 Bowling Stones 27; 22 SP Legal 26; 23 Bowlistics 24; 24 Top Plan Bouers 24; 25 Ricoh Sales 23; 26 Diva's 23; 27 Elbow Benders 18; 28 4 Musketeers 16.
Wedstrydlys:
SPW t Mac Dee Hops; Talisman t Meyerkon Konstruksie; BBC Bolle Rollers t Tyres & Treads; Bowling Stones t SP Legal; Bowlistics t Ricoh Sales; Top Plan Bouers t Diva's; Elbow Benders t 4 Musketeers; Carpet King t Accidental Bowlers; Butz & Gutz t KTV; Ricoh t Kommaweer Stoffeerders; Vor Jacks t Eden Bouprojekte; Coastal Relax t Boksombende; Tavcor t Finovo; Just Property t Incredibles.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'