GEORGE NUUS - Butz & Gutz het ware "guts" getoon in die voorlaaste been van die Riaan de Wit en Outeniqua Plumbing-rolballiga vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub deur by Skubbe, wat in drie rondes voorgeloop het, verby te skuif om die voortou in die eindronde in te neem.
Aan die begin van die vyfde ronde was hulle drie ligapunte agter Skubbe en loop nou met drie punte voor. Die twee spanne pak mekaar nou vanaand (Donderdag) in die eindronde.
Die twee spanne wat deur vriende en familie (van die baan af) verteenwoordig word, Coastal Relax en Kommaweer Stoffeerders, het mekaar genadeloos aangevat met Coastal Relax wat as oorwinnaars van die baan gestap het.
Die oorwinning het die derde plek aan Coastal Relax besorg terwyl Kommaweer van die derde tot die agtste plek teruggesak het. Accidental Bowlers (50) en Bowling Stones (50) kan nog 'n hasie uit die hoed pluk, maar maklik gaan dit nie wees nie.
Die wedstryde begin om 18:00 by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon. Met die verslapping van die inperking sal daar nou meer steaks beskikbaar wees.
Bestel vroegtydig by Phillip Hatting by 062 544 2233.
Die volgende reeks begin op 28 Oktober en eindig op 9 Desember. Spanne moet dus seker maak dat hulle betyds inskryf.
Riaan de Wit en Outeniqua Plumbing gaan weer die hoofborge wees.
Uitslae
1 B& Gutz 55; 2 Skubbe 52; 3 Coastal Relax 51; 4 Accidental Bowlers 50; 5 Bowling Stones 50; 6 Two of a Kind 47; 7 KTV 46; 8 Kommaweer Stoffeerders 44; 9 Redline 42; 10 Just Property 41; 11 Diesel Koppe 41; 12 Finovo 40; 13 Bay Beds 39; 14 Vault Properties 39; 15 SP Legal 39; 16 Africorp Accounting 37; 17 Southern Cape Properties 37; 18 Mat Katte 36; 19 Bowlistics 33; 20 Ricoh 32; 21 Blanco Buurtwag 30; 22 Enough is Enough 30; 23 George Auto 28; 24 Tax Consulting 21.
Wedstrydlys
- Butz & Gutz t Skubbe;
- Coastal Relax t Accidental Bowlers;
- Bowling Stones t Two of a Kind;
- KTV t Kommaweer Stoffeerders;
- Redline t Just Property;
- Diesel Koppe t Finovo;
- Bay Beds t Vault Properties;
- SP Legal t Africorp Accounting;
- Southern Cape Properties t Mat Katte;
- Bowlisticks t Ricoh;
- Blanco Buurtwag t Enough is Enough;
- George Auto t Tax Consulting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'