Aces High (82 punte) was tweede en Apple Projects (81 punte) derde. Butcher Boys het hulself uitstekend van hul taak gekwyt om hierdie een deur te trek. Hulle het die wedstryd teen die onoorwonne span van Aces High met 'n agterstand van sewe punte ingegaan en moes dus agt van die twaalf koppe wen om die titel te buit. Dit het hulle inderdaad reggekry en skitterende rolbal is opgedis.
Die feit dat daar slegs drie punte punte verskil was tussen die eerste drie spanne onderstreep duidelik die felheid van die stryd en die opwinding wat daarmee gepaard gegaan het.
Die onervare span van Apple Projects het ook goed gepresteer deur in hul eerste toernooi onder die eerste drie spanne te eindig.
Elkeen van die 112 spelers het 'n prys ontvang en die toernooi is weer afgesluit met die tradisionele steakbraai en die vermaaklike musiek van Herman Grobbelaar, Wim Erasmus en Michael Lindt wat die aand letterlik op 'n plesierige noot afgesluit het.

Apple Projects se span, wat derde was, is van links: Sammy Meltz, Rinel Barnard, Kobus Barnard en Steyn Fourie.

Die organiseerders, wat verantwoordelik was vir die baie suksesvolle toer-nooi, is van links Johan Meyer, Jaco Visagie, Greg Young, Marius Esterhuizen (hoofborg-verteenwoordiger), Pierre Stander en Philip Hattingh.

Die kampioenspan, The Butcher Boys, verskyn hier saam met Greg Young en Johann Meyer (heel regs) van die Outeniqua-rolbalklub. Die spanlede, wat met hul beker spog, is van links Charles van Eeden, Toni Raschbichler, Bert Broberg en Johan Olivier.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'