GEORGE ROLBAL NUUS - Ballbarians het vroeg toegeslaan in die eerste ronde van die Riaan de Witt Prokureurs en Supa Quick Yorkstraat Roballiga vir besigheidspanne deur die eerste plek op die punteleer in te neem.
Ricoh, Mend a Bath Spares Squad en Hot Shots het almal ook goeie ligapunte wat hulle vroeg in die reeks reeds in 'n gunstige posisie plaas.
Maar hierdie was maar die begin van die sesbeen-ligareeks en die punteleer gaan nog baie verander. Hoewel dit altyd goed is om vroeg onder die voorlopers te verkeer, raak die stryd met elke been meer genadeloos omdat dit op 'n krag-teen-krag-basis gespeel word.
Outeniqua Woods is die beginnerspan wat die beste gevaar het deur tans die 12de plek in te neem, voor 'n hele paar ervare spanne.
Die wedstryde word elke Donderdagaand op die bane van die Outeniqua-rolbalklub gespeel en begin om 18:00. Die uitslae word teen ongeveer 20:00 aangekondig.
Alle belangstellendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon en deel van die pret uit te maak.
Die klublede berei ligte etes wat te koop is en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Uitslae
1 Ballbarians 14; 2 Ricoh 13; 3 Mend a Bath 13; 4 Spares Squad 12; 5 Hot Shots 12; 6 Boksombende 11; 7 Bowling Stones 11; 8 Vorster Motors 11; 9 Finovo 11; 10 Just Property 11; 11 Kommaweer Stoffeerders 11; 12 Outeniqua Woods 11; 13 Butz & Gutz 10; 14 Super Rollers 10; 15 Electric Unit 10; 16 Kingearls 9; 17 SP Legal 7; 18 Carpet King 6; 19 Coastal Relax 6; 20 Talisman 6; 21 KTV 5; 22 Mac Dee Hops 5; 23 Vox 5; 24 Divas 5; 25 3 Jacks & a Jill 5; 26 Accidental Bowlers 5; 27 Bushwackers 5; 28 4 Musketeers 4; 29 The Privates 4; 30 Moore Stevens 3; 31 Roes 3; 32 Amec 2.
Wedstrydbepalings
Finovo t Just Property; Kommaweer Stoffeerders t Outeniqua Woods; Butz & Gutz t Super Rollers; Electric Unit t Kingearls; SP Legal t Carpet King; Coastal Relax t Talisman; KTV t Mac Dee Hops; Vox t Divas; 3 Jacks & a Jill t Accidental Bowlers; Bushwackers t 4 Musketeers; The Privates t Moore Stevens; Roes t Amec; Ballbarians t Ricoh; Mend a Bath t Spares Squad; Hot Shots t Boksombende; Bowling Stones t Vorster Motors.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'