GEORGE ROLBALNUUS - Met 'n oorwinning oor Ricoh in die tweede ronde van die Riaan de Wit Prokureurs en Supa Quick Yorkstraat- rolbaltoernooi vir besigheidspanne by die Outeniqua-rolbalklub het Ballbarians doelgerig voortgerol en die eerste plek op die punteleer behou.
Die nederlaag het Ricoh van die tweede na die 17de plek laat terugsak.
Finovo het ook 'n goeie sege oor Just Property behaal en beklee tans die tweede plek op die punteleer na verlede Donderdagaand se wedstryde. Die derde ronde is Dinsdagaand gespeel, maar was nie betyds vir publikasie nie.
Outeniqua Woods het ook goed gevaar met 'n oorwinning oor Kommaweer Stoffeerders en bevind hulle in die derde plek met Mend a Bath, wat vir Spares Squad geklop het, in die vierde posisie.
Vanaand (Donderdag) word die vierde ronde gespeel en die verwagting is dat die kompetisie genadeloos gaan wees met nog net twee rondes wat in die reeks oorbly.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, en alle belangstellendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon. Ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Die uitslae word teen ongeveer 20:00 aangekondig met 'n gelukkige trekking wat ook plaasvind.
Intussen is daar 'n geleentheid vir voornemende borge wat in die laaste reeks van die jaar, wat in Oktober begin, betrokke wil raak. Belangstellendes kan vir Greg Young by 082 804 8943 skakel.
Uitslae:
- 1 Ballbarians 28; 2 Finovo 25; 3 Outeniqua Woods 25; 4 Mend a Bath 25; 5 Vorster Motors 24; 6 Butz & Gutz 22; 7 Electric Unit 22;
- 8 Boksombende 22; 9 KTV 19; 10 Carpet King 19; 11 Talisman 18; 12 Accidental Bowlers 17; 13 4 Musketeers 17; 14 Hot Shots 17;
- 15 Roes 16; 16 Spares Squad 16; 17 Ricoh 15; 18 Bowling Stones 14; 19 Super Rollers 14; 20 Vox 13; 21 Divas 13; 22 Moore Stevens 13;
- 23 Kingearls 13; 24 Just Property 13; 25 Kommaweer Stoffeerders 13; 26 The Privates 10; 27 SP Legal 10; 28 Coastal Relax 10;
- 29 3 Jacks & a Jill 9; 30 Bushwackers 8; 31 Mac Dee Hops 7; 32 Amec 5.
Wedstrydlys:
KTV t Carpet King; Talisman t Accidental Bowlers; 4 Musketeers t Roes; Hot Shots t Spares Squad; Ricoh t Bowling Stones; Super Rollers t Vox; Divas t Moore Stevens; Kingearls t Just Property; Kommaweer Stoffeerders t The Privates; SP Legal t Coastal Relax; 3 Jacks & a Jill t Bushwackers; Mac Dee Hops t Amec; Ballbarians t Finovo; Mend a Bath t Outeniqua Woods; Vorster Motors t Butz & Guts; Electric Unit t Boksombende.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'