GEORGE ROLBAL NUUS - Ballbarians het die kroon op hul puik vertoning in die Rian de Wit Prokureurs en Supa Quick Yorkstraat Rolballiga vir besigheidspanne gespan deur die kampioenskap te buit met 'n goeie oorwinning oor Outeniqua Woods in die finale wedstryd.
Die wenspan het die kroon uiteindelik beklink met 'n voorsprong van 14 ligapunte.
Mend a Bath het ook puik gevaar met dieselfde ligapunte as die naaswenners, maar 'n swakker punteverskil het hulle in die derde plek gedwing na hul oorwinning oor Vorster Motors.
Finovo het 'n baie goeie vierde plek ingeneem nadat hulle vir Hot Shots geklop het. Die ervare KTV-span het die vyfde plek ingeneem danksy hul sege oor Boksombende.
Die reeks is op 'n hoogtepunt afgesluit met verskeie spanne wat puik vertonings opgedis het. Al die spelers is met 'n gratis biefstuk getrakteer en lewendige musiek het vir 'n feestelike atmosfeer gesorg.
Outeniqua-rolbalklub kan ook die bors uitstoot vir die wyse waarop die reeks georganiseer en deurgaans aangebied is.
Die volgende reeks begin op 31 Oktober en loop teen 5 Desember ten einde. Spanne kan nou reeds inskryf en voornemende borge is ook welkom om vir Greg Young by 082 804 8943 te skakel.
Ballbarians se spanlede is hier baie ingenome met hul titel en pryse. Twee verteenwoordigers van die hoofborge, Rian de Wit (derde van links) en Oelof Badenhorst (heel regs) het die pryse oorhandig. Die spanlede is van links: Rian Kirsten, Jacques Meyer, Ian Botha en Sarel Theron. Die twee ander spanlede, Boet Gericke en René Roos, het nie in die finaal gespeel nie. Foto: Jannie Meyer
Uitslae
1 Ballbarians 74; 2 Outeniqua Woods 60; 3 Mend a Bath 60; 4 Finovo 57; 5 KTV 55; 6 Boksombende 55; 7 Ricoh 55; 8 Carpet King 54; 9 Mac Dee Hops 53; 10 Vorster Motors 53; 11 Kommaweer Stoffeerders 53; 12 Butz & Gutz 50; 13 4 Musketeers 50; 14 Hot Shots 50; 15 Kingearls 49; 16 The Privates 49; 17 Spares Squad 49; 18 Accidental Bowlers 47; 19 Talisman 45; 20 Bushwackers 45; 21 Bowling Stones 45; 22 Just Property 45; 23 Vox 44; 24 Amec 44; 25 Coastal Relax 43; 26 Moore Stevens 42; 27 Electric Unit 41; 28 Super Rollers 39; 29 3 Jacks & a Jill 37; 30 Roes 31; 31 Divas 31; 32 SP Legal 31.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'