TUINROETE NUUS - Alert Patrol se rolbalsakeliga begin volgende Woensdag by die Oudtshoorn-rolbalklub met die finale wat op 15 Junie gespeel word.
Groot kontant pryse sal op die spel wees en spelers sal weekliks vir die duur van die liga van verversings voorsien word.
Inskrywing beloop R1 000 per span. Black List Security het in Maart, Alert Patrol se eerste rolbalsakeliga gewen en met 'n kontantprys van R3 000 weggestap.
Navrae kan aan Gerhardus Delport by 064 493 7183 of oudtshoornbowls@gmail.com gerig word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'