GEORGE NUUS - Twaalf aksienetbalspanne van George en die Paarl het verlede naweek by die George-arena aan die jaarlikse Tuinroete-kampioenskappe deelgeneem.
Die Paarl Jaggerbombs was die verdedigende kampioen, maar het vanjaar vasgeval teen George.
Plastics for Africa van George het in die gemengde afdeling skoonskip gemaak deur al hul wedstryde te wen. In die eindstryd het hulle met die Paarl afgereken om goud te wen.
Beatrix de Waal (Plastics for Africa) is aangewys as beste speler van die eindstryd.
Honda se vroue was net so puik en het al hul teenstanders geklop. In die eindstryd was Honda net te sterk vir George. Mirande Oosthuizen, kaptein van Honda, as aangewys as die beste speler van die toernooi.
Die finale topdrie uitslae is:
Gemengde spanne:
1. Plastics for Africa (73 punte) 2. Paarl Jaggerbombs (56 punte) 3. The Mighty Morphans (50 punte).
Vroue:
1. Honda (87 punte) 2. Jaggerbombs (50 punte). 3. Twisted Blisters (45 punte).
Honda George het die vroue-afdeling gewen. Agter, van links: Anke Kapp, Rozanne Oosthuizen, Eulene Ferreira, Anche Bosman, Melissa Groenewald en Monique Barlow. Voor: Mirande Oosthuizen (kaptein).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'