Saterdag se spel was veral 'n moeilike toets weens die buie en wind, maar King het deurgaans bestendig gespeel.
Saterdag was Japie Genis die naaswenner met Chris Homann wat die derde plek ingeneem het. Stephan Pretorius het die prys gewen vir die naaste aan die pen. Woensdag was Homann die naaswenner.
Doors Mahne die Chicken Run-kompetisie Vrydagmiddag gewen en met die plathoender weggestap.
Ray Saul het egter die meeste Vrydag-kompetisies tot dusver vanjaar gewen met vyf plathoenders in sy vrieskas. Daar is nog twee kompetisies oor.
Saterdag se wenners by Dolphins Creek-gholfklub is van links: Stephan Pretorius (naaste aan die pen), Chris Homann (3de), Darryl King (wenner) en Japie Genis (2de).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'