Gallery
GEORGE ATLETIEK-NUUS - Ongeveer 150 atlete het aan die jaarlikse Mountain Of The Star 'Gravel Travel'-veldwedloop op Braaidag deelgeneem.
Die atlete het om 07:00 by Outeniquapark op die 17 km-roete weggespring.
Die 12 km-deelnemers het om 07:15 gevolg. Die roete moes weens die nat weer en gevolglike gladde oppervlakte verkort word. Die sirkelroete met sy asemrowende natuurtonele het by Outeniquapark begin en geëeindig.
Lloyd Bosman en Annetjie Botes het in die 17 km geseëvier terwyl Godwin Heyns en Marisa du Plessis in die 12 km eerste oor die eindstreep gedraf het. By die prysuitdeling het Emma Lutch gehelp met die 25 gelukstrekkings. Die borge wat ruim bygedra het, was Cape Nature, Run Walk For Life, First Auto, Sportsmans Warehouse, Wimpy Yorkstraat, Landy World, Toyota Halfway George, Safari, BlitsDruk, Asics, FutureLife, That's Linen en UTurn Paragliding.
Die manne en vroue wat agter die skerms seker gemaak het dat die jaarlikse Mountain Of The Star 'Gravel Travel'-veldwedloop seepglad afgeloop het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'