SKOLENUUS - Die skuts van Van Kervel Skool en die Eden-boogskietklub maak gereed vir hul volgende groot uitdaging wanneer hulle op 1 Augustus aan die provinsiale boogskietkampioenskappe in Kaapstad deelneem.
Daar word met groot afwagting uitgesien na die toernooi, nadat die skuts reeds vanjaar beïndruk het met hul vernuf.
Die boogskietseisoen is volstoom aan die gang en die groep het op 30 Mei aan die SWD-boogskietkampioen-skappe deelgeneem, waar deelnemers hul vaardighede in beide die kolskoot- en 3D-afdelings getoets het.
Agt skuts is met medaljes vir die verbetering van hul persoonlike beste tellings in die kolskootafdeling beloon, terwyl ses skuts ook medaljes in die 3D-kompetisie vir uitstaande verbetering en fokus verower het.
Nog 'n hoogtepunt was die prestasie van Roberto Oosthuizen van Laerskool Blanco, wat 'n uitstekende tweede plek in die Wes-Kaap behaal het.
Caitlyn Rossouw (Van Kervel)
Eden-boogskietklub nooi intussen nuwe lede, laerskool- en hoërskoolleerders, sowel as volwassenes, om by die klub aan te sluit.
Die klub bied geleenthede vir beide mededingende skuts en dié wat die sport bloot vir ontspanning wil beoefen. Vir meer inligting, kontak Chris by 073 856 4023.
Van die skuts van Eden-boogskietklub is van links: Pieter Henning (Laerskool George-Suid), Roberto Oosthuizen (Laerskool Blanco), Jonathan Herwill (Van Kervel), Hanro Stander (Van Kervel), Stephen Stander (Van Kervel), Tertius van der Poel (afrigter en Van Kervel-onderwyser), Chris Herbst (afrigter en Van Kervel-onderwyser), Connor Cloete (Van Kervel), Megan Matthee (Van Kervel) en Kaylin Hoffman (Van Kervel).
Connor proves that perseverance knows no limits
Van Kervel School’s archer, Connor Cloete (15), has had to overcome many challenges over the past year.
As a learner with autism and cerebral palsy, he had to adjust to a new school environment while also finding his place among new friends and activities.
Today, Connor is a proud member of the Van Kervel archery team. His dedication was rewarded on Saturday 20 June, when he improved his personal best and earned a medal.
“A special word of thanks goes to Mr Tertius van der Poel, teacher and coach at Van Kervel, as well as Mr Chris Herbst, co-ordinator, coach and teacher at the school,” said his mum, Amy Cloete. “They helped Connor build his confidence and encouraged him to believe in his own abilities.”
Connor Cloete (15)
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’