GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het Donderdag 17 September 'n spesiale funksie aangebied om sy spelers en borge vir hul ondersteuning gedurende die seisoen te bedank.
Die geleentheid het die bydrae van die skool se borge, asook die spelers se insette gedurende 'n suksesvolle seisoen, gevier.
Onder die teenwoordiges was verteenwoordigers van die skool en borge, waaronder Africa Skills as hoofborg, asook Southern Civil Defence Force (SCDF), Arrie Nel Pharmacy Group, Universal Kitchens, ProPhysio en Nutritech.
Die eerste span is ook tydens die geleentheid erken, met 'n geraamde trui wat saam met hoofborg, Africa Skills, oorhandig is.
Die skool het sy waardering uitgespreek teenoor die borge en spelers vir hul ondersteuning, toewyding en bydrae tot die span se seisoen.
Die eerste span met die geraamde trui saam met hoofborg, Shaun van Wezel van Africa Skills. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’