GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het op 12 Maart die voorreg gehad om saam met hul 2025-borge ’n besondere aand te deel.
Die geleentheid was gevul met goeie geselskap, trots en opregte dankbaarheid – ’n viering van die sterk band tussen die skool en sy gemeenskap.
Die skool spreek hul hartlike dank uit teenoor elke borg wat die tyd gemaak het om die funksie by te woon, asook aan dié wat die Kwaggas jaar na jaar lojaal ondersteun.
Hierdie bydraes maak ’n tasbare verskil in leerders se lewens en help om geleenthede te skep waarbinne jongmense kan groei, droom en presteer.
’n Spesiale woord van dank gaan aan dr. Dané van den Bergh, ’n oud-Kwagga, vir haar kragtige en inspirerende boodskap oor die rol wat besighede en gemeenskappe saam kan speel.
Die Outeniqua Jazz Orkes het met aankoms die toon perfek gestel, terwyl die Kwagga Cuisine-span met trots gesorg het vir heerlike kos wat met groot sorg voorberei is. Die klein borgegeskenke was ’n eenvoudige, maar opregte teken van waardering.
Die skool spreek hul hartlike dank uit teenoor elke borg wat die tyd gemaak het om die funksie by te woon, asook aan dié wat die Kwaggas jaar na jaar lojaal ondersteun.
Die Kwagga Cuisine-span het gesorg vir heerlike kos wat met groot sorg voorberei is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’