Volgens inligting van die Brakpan SAPD is ’n Mazda 323 voertuig Vrydagoggend op die hoek van Queenlaan en Highstraat gesteel.
Inligting oor die voertuig is gesirkuleer en lede van die anti-kapingseenheid het die voertuig naby Carnival City opgemerk.
’n Jaagtog het gevolg, waarna die verdagte blykbaar talle verkeerstekens verontagsaam het en glo ook gepoog het om die SAPD voertuig van die pad af te druk.
In Windmill Park het die verdagte ook blykbaar meer as een keer, tydens die jaagtog, voetgangers se lewe in gevaar gestel.