Die sogenoemde Bonnie en Clyde is weke gelede op veiligheidskamera by ’n dobbelplek gevang kort nadat R200 000 uit een van hul klante se motor verdwyn het.
‘Bonnie’ is eerste aangekla van diefstal nadat beeldmateriaal gewys het hoe sy die kontant in ’n kartondoos kalm uit ’n motor haal en oorplaas na haar voertuig.
Dié sakevrou het een van haar klante geteiken aan wie sy en haar man glo sonkragprodukte verskaf het.
Die anonieme klant het vroeër Rekord oor die voorval ingelig en gesê dat dit nie die eerste keer is dat die sakevrou iemand besteel nie.