GRAAFF-REINET NUUS - Die Graaff-Reinet-polisie het 'n gesigsamestelling van 'n verdagte wat verbind word met huisbraak en verkragting, opgestel.
Volgens sers. VS Abrahams van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Graaff-Reinet het die insident in Desember, verlede jaar plaasgevind.
Die verdagte is moontlik in sy dertigs, lank, skraal, donker van kleur en manlik. Hy het ook 'n kuiltjie (dimple) op sy wang en sy oë is donker.
Tydens die aanval en inbraak was die verdagte te voet en het 'n mes by hom gehad.
Enige persoon wat moontlik inligting het, kan sers. Abrahams by 071 352 4524 of 049 807 6200 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’