Limitless is 'n nie-winsgewende organisasie wat sedert Augustus vanjaar funksioneer en wat help waar dit die nodigste is.
'Show and Shine' was die eerste van sy soort om 'n verskil in iemand anders se omstandighede te maak.
"Ondanks die reën, was die dag 'n reuse sukses danksy getroue borge en ook die ondersteuners wat met wiele of te voet gekom het," sê ondervoorsitter, Edmund Bussack.
Die geld wat ingesamel is sal aangewend word vir 'n jong dame wat volgende jaar by die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) aanvaar is, kinders in die George-hospitaal, die DBV en om vir twee gestremde persone 'n oprit te bou.
Die 'wiele' wat opgedaag het om 'n finansiële bydrae te maak, het meegeding in verskillende kategorieë, onder meer 'beste klank'.
Die sukses van die dag was te danke aan Power Flow, Super Quick, Auto Zone, Midas, Mr Meat, Pacaltsdorp Slaghuis, Deville Park Primêr, asook Rdl. Clareen Remas, George van Niekerk en Pearl Wilderness Hotel wat almal 'n bydrae gelewer het.
Vir meer inligting oor wat Limitless doen, skakel gerus vir Edmund Bussack by 073 516 6216.
Sien nog foto's hier.
Van die motors by die 'Show and Shine'
ARTIKEL: HENRICA VELDMAN
Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'