MOTOR NUUS - Volkswagen se heel nuutste mededinger in die kompakte segment, die Polo Vivo, het verlede naweek sy debuut in George gemaak by Tavcor George se vertoonkamer oorkant die Garden Route Mall.
Voornemende kopers was die hele oggend intens besig om die nuweling te bestudeer en daar is sommer baie vrae oor bykomstighede soos ander wiele en die talle interessante funksies van die nuwe Polo Vivo gevra.
Die Vivo is Suid-Afrika se topverkoper en die nuweling beloof om die tradisie voort te sit.
Dit is gebaseer op die basiese Polo-model wat ook onlangs opgedateer is.
Volkswagen het by die nasionale bekendstelling in Port Elizabeth beloof dat voorraad beskikbaar sal wees en die Polo asook die Polo Vivo is in 'n handvol vuurwarm kleure beskikbaar, asook wit en swart.
Van links: Danie de Koker (Tavcor), Hennelie Kampher en Pearl Joseph bekyk die perde onder die enjinkap. Hennelie en Pearl is van Knysna.
'n Trotse eienaar neem sy sleutel in ontvangs. Van links: Ilostius Blaauw, Wikus van Gruning (Tavcor) en Warren Owens, eienaar van 'n nuwe Polo Vivo.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'