GEORGE NUUS - Die woelinge rondom die dierewelsynsintansie, Oudtshoorn Dogs in Need, (ODIN) se voortgesette teenwoordigheid by sy huidige perseel in Blanco, is op die spits gedryf. Alle aanduidings is dat die aangeleentheid teen einde Mei afgehandel sal wees.
Die eienaar van die perseel wil h? ODIN moet teen 20 Mei af wees van die perseel en Colleen Smith, stigter van ODIN, het vandag, Vrydag 25 April ges? die instansie sal teen die einde van Mei die perseel verlaat het.
“Beide partye wil dieselfde eindresultaat h?.”
Die afgelope tyd het dit gegons dat oor ODIN se se voortgesette gebruik van die perseel en daar was selfs gerugte dat buite instansies betrokke kon raak.
Die eienaar bygestaan deur haar regsverteenwoordiger het Donderdag, 24 April tydens ‘n gesprek met lede van die media ges? dit het ‘n lang aanloop. Die kontrak vir die verhuring van die eiendom aan ODIN het al in 2022 verstryk.
Sy het benadruk sy betwis nie die goeie werk wat ODIN doen nie en sy gee erkenning daaraan. Sy het ook niks teen diere nie en sal graag wil sien dat die diere ‘n goeie heenkome kry.
ODIN word tot 20 Mei tyd gegee om die perseel te ontruim.
Adv. Gert Van Niekerk, ‘n groot diereliefhebber en voorsitter van die VF Plus in George, het by navraag bevestig dat hy namens ODIN optree.
“Ek doen dit pro bono. Die rede vir my toetrede is om te verseker dat die diere wat reeds aan ‘n traumatiese verlede onderwerp was, nie weer deur dieselfde gaan nie.
“Ek is tevrede met die vordering wat gemaak word. Dit word in die vooruitsig gestel dat einde Mei alles afgehandel sal wees. Ek het ‘n skrywe van die eienaar se regsverteenwoordiger ontvang dat die proses teen 31 Mei afgehandel moet wees.”
Volgens Van Niekerk is ‘n hofbevel uitgereik ten opsigte die afbreek van onwettige strukture. Geen uitsettingsbevel is bekom nie.
“Die diere se lewens is nie in gevaar nie. Die diere is die eiendom van ODIN en geen hofbevel is ten opsigte van die diere uitgereik nie. Ek sal met die mag van die reg baklei om toe te sien dat die diere nie in gevaar gestel word.”
Smith, stigter van ODIN, het ges? die instansie het vir vier jaar al daadwerlik gepoog om ‘n alternatiewe perseel te bekom. “Dit was nooit ‘n kwessie dat ons nie wou trek nie.” Dit is nie maklik en tyd is ‘n probleem.
Sy het benadruk die diere se lewens is nie in gevaar nie. ODIN se deure bly oop.
Van die diere is reeds by verskeie alternatiewe plekke geplaas. Daar is instansies en privaat mense wat na vore gekom het om te help.
Altesaam 90% van die honde wat in pleegsorg geplaas is, is nou aangeneem. “Ons is onder druk, maar wonderlike ander deure het oopgegaan.”
Sy het daar dank en waardering teenoor die George gemeenskap uitgespreek vir hul hulp en steun.
Smith het ook haar dank teenoor Van Niekerk uitgespreek wat optree as Odin se regsverteenwoordiger.
Mense kan steeds diere by ODIN aanneem of in pleegsorg neem. Dit sal help om die druk te verlig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’