Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar is groot opgewondenheid vandag, Saterdag 18 Februarie, by die Voortrekkersaal naby die Tuinroete Botaniesetuin, waar Volkspelers (Afrikaanse volksdansers) bymekaar is.
Die geleentheid vind onder die vaandel van die Eendrag Volkspele Laer plaas. Dit is die jaarlikse ‘Deurdruk’. Dit het om 8:00 begin.
Isabel Fischer, een van die organiseerders, het gesê die doel is om die 150 volkspele wat in die volkspele handleiding verskyn, almal te speel.
Die Volkspelers van Suid-Afrika beskik oor ‘n besondere handleiding waarin al die spele volledig beskryf word met die melodie, begeleiding, teks en passies wat in elke musiekmaat gebruik word.
VIDEO: Volkspele in George
Hierdie spele is oor 'n tydperk van 'n honderd jaar opgeteken, nagevors, bygewerk en beskryf en in die bundel Ons Volkspele-erfenis gedruk. Volgens haar sal al die 150 volkspele na verwagting teen 20:00 klaar wees.
Daar sal aangehou word tot almal gespeel is. Die meerderheid deelnemers is van George. Daar is ook deelnemers van Hartenbos, Mosselbaai, Danabaai en selfs Kaapstad.
Die oudste deelnemer is 83 en die jongste 9 jaar oud. Mense is welkom om deur die dag te kom inloer om hul vordering dop te hou.
FOTOGALERY: Volkspelers dans by Voortrekkersaal
Foto's: Eugene Gunning
LEES MEER: Volkspelers hou 'deurdruk' hierdie Saterdag
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'