Stellenbosch Universiteit word deesdae voorgehou as 'n instelling met 'n verkragtingskultuur waar meisies elke oomblik van die dag en nag op hul pasoppens moet wees vir jong mans wat nie hulle wellus kan beheer nie.
Maar dit is nie al wat my sou boos maak as ek vandag 'n Matie was nie.
Om dan ook nog die mynveld van 'n 'verkragtingskultuur' veilig oor te steek, is 'n perd van 'n heel ander kleur.