GEORGE NUUS - 'n Taxi het 'n fietsryer Donderdagoggend 7 September omstreeks 07:30 in Nelson Mandela Boulevard raakgery.
Die ongeluk het by Cheap Foods op die hoek van Mainstraat gebeur.
Volgens kol. Erica Diedericks van die Conville-polisie, het die fietsryer 'n beenbesering opgedoen.
Metro-nooddienste, die polisie en verkeer was op die toneel. Geen saak is teen die bestuurder van die taxi geopen nie.
A cyclist was hit by a taxi on last Thursday at 07:30 in Nelson Mandela Boulevard at Cheap Foods on the corner of Main Street. Col. Erica Diedericks from the Conville police confirmed that the man had sustained a leg injury. Metro emergency services, police and traffic were on the scene. No case has been opened against the driver of the taxi.
ARTIKEL: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD INTERNIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'